In die dekades van die 1920s en 1930s, na die Bolsjewistiese Revolusie, was daar ‘n diep poging deur Die Politburo gewees om Russies vanaf die Cyrilliese Alfabet na die Latynese Alfabet te herskryf. Die rede hiervoor volgings Anatoly Lunacharsky, die hoofkommissaris van onderwys in die voormalige U.S.S.R., was om die Russiese Taal meer toeganklik te maak vir die proletariate van die wêreld. Die visie om die kommunistiese ideologie deur Russies te versprei was populêr, maar daar was ongelukkig ‘n elite-verdeeldheid oor presies hoe om dit uit te voer.
.
Die Sowjet Unie se elite was in twee faksies verdeel. Die Latynse en Cyrilliese kampe. Moes Rusies aanpas by die Weste, of sou Rusies so populêr word, en Kommunisme so oortuigend wees, dat die werkersklasse van die wêreld almal in Russies belangstel en sy alfabet wou aanleer? Die hervormers het aangevoer, dat omdat die Latynse Alfabet ‘n groter bereik as Cyrillies het, sou Russies meer toeganklik wees in ‘n Latynse skrifstelsel. Stalin se kamp, wie geargumenteer het dat die ander tale van die U.S.S.R eerder nader aan Russies moes kom deur die Cyrilliese Alfabet “te aanvaar”, het die argument (seker met dwang) gewen. Sodoende is die Latynse hervormings in Rusland en die Sowjet Satellietstate gekniehalter en dit het stelselmatig begin verdwyn.
Dit moet ook genoem word dat die Sowjet Unie van die lande was, wat die vinnigste ongeletterdheid bekamp het. Aan die begin van die laaste eeu kon skaars 1 uit 5 van die bevolking van die Tsaar se Russiese Ryk skrywe. Toe Vladimir Lenin in 1917 die mag oorgeneem het was die syfer 2 in 5. Dit is te danke aan die Politburo se Likbezproses - ‘n onderwysprogram wat geletterdheid 'n prioriteit gemaak het, dat die syfers sterk gedaal het. So suksesvol was die program dat in 1939, met die uitbreek van die van Die Tweede Wêreldoorlog, skaars 1 in 9 van die bevolking van die U.S.S.R. nog ongeletterd was. Russies was die voertaal van die U.S.S.R waaronder ongeletterdheid bekamp is, maar die Onderwyskommissaris het ook waarde daarin gesien om minderheidstale soos Azéri, Tadjik, Uzbek en Oekraïens te bevorder. Dit was in een enkele skrifstelsel gedoen - die Cyrilliese Alfabet. Uitsonderings was daar ook, soos die Armeniës en Georgians wat hulle tradisionele alfabette behou het.
Terselfdertyd was daar ook ‘n poging om geletterdheid te bevorder in nabye Turkye, onder die leierskap van Mustafa Atatürk. Turks is na Die Eerste Wêreldoorlog van die Arabiese Alfabet na die Latynse Alfabet oorgeskryf. Gedurende die laaste jare van Ottomaanse Ryk kon skaars 1 in 10 Turke lees en skryf. Die agterstand met die Westerse lande, soos Frankryk, Engeland, Amerika en Duitsland, wat feitlik volle geletterdheid gehad het, was merkwaardig. Een argument wat die taalhervormers gebruik het, is dat die Arabiese skrif nie behoorlik gepas is om die klinkers uit te druk nie, en sou Turkye die moderne wêreld ingaan, dan sou hulle beteraf wees om literatuur in ‘n Latynse skrif te ontwikkel. Atatürk kon dit reg kry om ‘n taal van een skrif na ‘n ander oor te skakel, omdat hy soos Stalin met ‘n ysterhand regeer het.
Vandag is daar weer so ‘n groot poging in die voormalige U.S.S.R lande om weg te stap (of terug te stap) van die Cyrilliese skrif na die Latynse skrif. Azerbaïdjan en Kazakhstan het reeds begin met die Latynse Hervormings, en daar word nou ook daarvan gepraat in Georgië en Kirgistan. Kinders word soms beide alfabette geleer, sodat hulle steeds toegang tot die verlede kan hê, terwyl hulle “voorberei word vir die toekoms”. Stelselmatig word die Cyrilliese skrif met ‘n Latynse een vervang. Daar is natuurlik ook ‘n politiese element agter die hervormings, omdat die latiniseringproses van hulle moedertale ‘n simbool van die postSowet linguistiese dekolonialiseringsproses geword het. Die leiers voer (verkeerdelik) aan dat modernisering nie kan plaasvind met ‘n ou skrifstelsel nie.
‘n Ander noemenswaardig geval is Tajikistan, waar die taal Tadjik eintlik ‘n variant van moderne Farsies is (In Afrikaans verwys ons soms verkeerd daarna as Persies). Die verskil tussen die twee is dat Tadjik in die Cyrilliese Alfabet geskryf word, en Persies in die Arabiese een. Tadjik, Dari (die variant wat in Afghanistan gepraat word), en Farsies is strengesproke drie verskillende tale onder die breë Persiese taalfamilie. Maar omdat die uitsprake naby aan mekaar is, is taalkundiges verdeeld of dit een taal met drie verskillende variante, of drie unieke dogtertale, is - ‘n debat wat ons so goed ken as dit by Afrikaans of Nederlands kom, of by ons Afrikatale soos Zulu en Xhosa.
Die Arabiese skrifstelsel is ‘n Abjagstelsel d.w.s. dat klinkers soms in alledaagse gebruik weg gelaat word. Omdat Persies min klinkers het, is dit nie moeilik vir lesers, selfs vir derde-taalspreukers soos ek, om dit met gemak reg te raai nie.
Gegewe Persies se wye literatuur is een argument dat die die Tadjike dalk beter af sal wees om terug te stap na ‘n Arabiese skrif toe. Maar indien Tajikistan, soos sy buurlande, besluit om van die Cyrilliese Alfabet na die Latynse Alfabet toe terug te gaan, dan sal Persies die enigste taal wees wat in drie alfabette geskryf kan word, Arabies, Cyrillies en Latyns. Gedurende die oorgangsfase sal kinders moet leer om te skryf van links na regs; en van regs na links. Hulle sal moet weet hoe om met Oos-Arabiese en met Wes-Arabiese syfers te kan tel, aftrek, maal en deel. Hoe is dit as ‘n struikelblok vir skoliere van daai drie lande wie reeds drie Kalenders in moet ken (die Persiese, Arabiese en Juliaanse)?
Wat hierdie leiers, soos Suid-Afrika sin, miskyk is dat geletterdheid natuurlik niks met ‘n skrifstelsel of taal te doen het nie. Lande soos Iran, Israel, Griekeland, Sjina en Japan het volledige geletterdheid bevorder in hulle eie alfabette, en Duitsland het in die begin van die laaste eeu dit reg gekry om geletterdheid universeel te maak met die Latynse Gotiese skrif.
Indien daar ‘n basis in hulle huistaal, of huis-skrif is, is dit eenvoudig om van een skrif na ‘n ander toe oor te slaan - mits daar blootstelling is. Daar is geen ernstige bewyse van ‘n agterstand nie. Die Russe kon manne in die Ruimte met ‘n Cyrilliese skrif sit, en ‘n Iranese vrou, Maryam Mirzakhani, was die eerste vrou wie ‘n Fields Medalje in Wiskunde gewen het. Sy het eers begin lees en tel in Persies, in ‘n skrif met Arabiese letters en Oos-Arabiese syfers.
Die verdere les uit die Sowjet en PostSowjet lande is natuurlik dat iets so eenvoudig soos ‘n alfabet - wat ons as vanselfsprekend aanvaar, ook gepolitiseer kan word. Suid-Afrika moet gerus gaan kyk hoe ander lande se postkoloniale konflikte, tussen die terugstap en wegstap van die verlede, plaasvind en hoe taal ook ‘n sentrale rol daarin speel.
Daar is baie lesse om te leer.